Graad 7
Graad 7 toetse en vraestelle
Die eerste jaar van die senior fase
Graad 7 is die tweede groot sprong. Natuurwetenskappe en Tegnologie word twee aparte vakke, EBW kom by, en Lewensvaardighede word Lewensoriëntering. Agt vakke in plaas van ses.
Waar Graad 7 se kinders die meeste sukkel
Die wiskunde word in twee vraestelle geskryf: getalle en algebra in Vraestel 1, meetkunde en meting in Vraestel 2. In EBW is die netto staat in vyftien van sewentien vraestelle.
Wenk vir die ouer: Tegnologie se ontwerpopdrag is die helfte van Afdeling A. Dit word onderskat.
Kies ’n vak
Elke vak se toetse is gratis en die getalle verander elke keer. Daar is ’n verduideliking by elke antwoord.
Wiskunde vir Graad 7
Wiskunde het sy eie werf, met somme waarvan die getalle elke keer verander in plaas van ’n vaste lys.
Graad 7 oefentoetse en ou vraestelle
Elke Graad 7 oefentoets hier is gratis en werk dadelik in ’n blaaier — daar is niks om af te laai of te registreer nie. Die vrae is oorspronklik geskryf, maar hulle volg wat werklike Graad 7 vraestelle vra: ons lees ou toetse en eksamenvraestelle, kyk watter onderwerpe herhaaldelik opkom, en skryf dan nuwe vrae oor daardie werk.
Dit beteken ’n kind oefen die regte goed. ’n Skooltoets vra selde presies wat in die handboek staan; dit vra wat die onderwyser belangrik ag. Ou skool toetse wys dit, en dit is waaruit hierdie leermateriaal gebou is.
Wat maak dit anders as ’n gewone werkkaart?
Die getalle en die vrae verander elke keer. ’n Afgelaaide werkkaart of ’n PDF van ou toetse kan ’n kind uit die kop leer. Hierdie toetse trek elke keer nuwe vrae, so ’n kind wat tien keer oefen, sien tien verskillende stelle.
By elke antwoord is daar ’n verduideliking — nie net “reg” of “verkeerd” nie. Dit is die verskil tussen ’n toets wat meet en leermateriaal wat leer.
Vir wie is hierdie Graad 7 toetse?
Vir ouers wat wil weet waar hulle kind staan voor ’n skooltoets, sonder om ’n oefenboek te koop. Vir onderwysers wat vinnig ’n hersieningsoefening nodig het. Vir kinders wat self wil oefen sonder dat iemand oor hulle skouer kyk.
Alles is gratis, in Afrikaans én Engels, en werk op ’n foon met min data. Dit is bedoel as gratis hulpbronne vir Suid-Afrikaanse leerders — daar is geen koste en geen beperking op hoeveel keer ’n kind oefen nie.
Vrae wat ouers gereeld vra
Is hierdie Graad 7 toetse werklik gratis?
Ja. Daar is geen registrasie, geen proeftydperk en geen advertensies nie.
Is dit dieselfde as ou vraestelle aflaai?
Nee. Ons plaas nie ou vraestelle nie — dit is nie ons werk om te versprei nie. Ons lees hulle om te sien wat gevra word, en skryf dan ons eie vrae oor dieselfde werk. ’n Ou vraestel gee jou een stel vrae; hierdie gee elke keer ’n nuwe stel.
Volg dit CAPS?
Ja. Elke vak se onderwerpe volg die CAPS-kurrikulum vir Graad 7, en ons vergelyk dit met werklike skooltoetse en eksamenvraestelle om seker te maak die klem is reg.
Kry ’n mens memorandums by die antwoorde?
Ja. By elke vraag is daar ’n verduideliking, nie net ’n merkie of ’n kruisie nie. Dit werk soos ’n memorandum, maar dan dadelik terwyl die vraag nog vars is.
Word my kind se punte gestoor?
Nee. Niks verlaat die foon of rekenaar nie. Ons stoor geen punte, geen name en geen e-posadresse nie.
Kan ’n onderwyser dit in die klas gebruik?
Ja, gerus. Dit is gratis vir klasgebruik, hersiening of huiswerk.
In English
Everything here exists in English too — the same 8 subjects on schooltests.co.za and maths on mathtests.co.za.
