Privaatheidsverklaring
Laas opgedateer: 24 Augustus 2026
Die kort weergawe
Ons vra jou nie om te registreer nie. Ons vra nie jou naam, jou kind se naam, of ’n e-posadres nie. Jy kan die hele werf gebruik sonder om enigiets van jouself te gee.
Ons stoor nie vasvra-punte nie. Die punt verskyn op die skerm en verdwyn sodra jy die bladsy toemaak.
Wie is verantwoordelik
MeerkatSkool is ’n gratis projek wat ouers en kinders help om vir toetse en eksamens te oefen. Daar is niks om te koop nie en niks om vir aan te teken nie.
Die werf word bedryf en onderhou deur Nick Botha, wat ook die inligtingsbeampte is. Enige vraag oor privaatheid, of ’n versoek om inligting te sien of te laat verwyder, kan na info@meerkatskool.co.za gaan.
Watter inligting ons wel versamel
Ons gebruik Google Analytics om te sien hoeveel mense die werf gebruik en watter onderwerpe geoefen word. Google Analytics versamel outomaties:
- ’n verkorte weergawe van jou IP-adres, wat wys uit watter land of streek die besoek kom
- watter soort toestel en blaaier gebruik word
- watter bladsye besoek word en hoe lank
- watter graad en onderwerp geoefen is, en watter persentasie behaal is
Niks hiervan is aan ’n naam gekoppel nie. Ons kan nie sien wie jy is nie, en ons kan nie ’n punt aan ’n spesifieke kind koppel nie.
Hoekom ons dit versamel
Om te verstaan watter werk kinders die meeste oefen en waar hulle sukkel, sodat ons weet watter inhoud om volgende te skryf. Dit is ons regmatige belang as uitgewer van opvoedkundige materiaal.
Koekies
Google Analytics plaas koekies op jou toestel om herhaalde besoeke te tel. Jy kan koekies in jou blaaier se instellings blokkeer of uitvee — die vasvrae werk steeds volkome sonder hulle.
Ons plaas self geen advertensiekoekies nie en ons verkoop geen data nie.
Met wie ons dit deel
Met niemand nie, behalwe Google as verskaffer van Analytics. Ons verkoop, verhuur of ruil geen inligting nie.
Google verwerk hierdie data buite Suid-Afrika. Google se eie voorwaardes en sekuriteitsmaatreëls geld daarvoor.
Kinders
Hierdie werf is vir laerskoolkinders geskryf, en juis daarom vra ons géén persoonlike inligting nie. Daar is geen registrasie, geen aanmelding en geen manier vir ’n kind om iets van hulself te deel nie.
As jy ’n vasvra-uitslag deel, gebeur dit heeltemal op jou eie toestel. Jy kies self met wie, en die boodskap bevat net die onderwerp en die punt — geen naam nie.
Hoe lank ons dit hou
Google Analytics-data word na 14 maande outomaties uitgevee.
Jou regte
Onder POPIA het jy die reg om te vra watter inligting ons oor jou het, om dit te laat regstel of uitvee, en om beswaar te maak teen die verwerking daarvan.
Skryf aan info@meerkatskool.co.za en ons antwoord binne 30 dae.
Jy kan ook ’n klag by die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika indien: inforegulator.org.za.
Veranderinge
As ons hierdie verklaring verander, verskyn die nuwe datum boaan die bladsy.
