Help ons
Deel ’n ou vraestel
MeerkatSkool word gebou uit werklike vraestelle. Elke vraestel wat ons kry, wys ons wat regtig gevra word — en daardie vrae beland gratis op die werf vir elke kind wat dit nodig het.
Stuur dit sommer nou
Neem ’n foto van elke bladsy en stuur dit. Dit hoef nie netjies te wees nie — ’n skewe foto op ’n lessenaar werk heeltemal goed.
WhatsApp 066 462 7629 · info@meerkatskool.co.za
Wat ons die nodigste het
- Graad 4 en 5 — ons het die minste van hierdie twee grade.
- Sosiale Wetenskappe — Geskiedenis en Geografie, enige graad.
- Afrikaans Huistaal — veral November-vraestelle.
- Memo’s — ’n memo saam met die vraestel is dubbel so nuttig.
Wat ons vra, en wat ons nie vra nie
Ja, asseblief: blanko vraestelle en memo’s. Amptelike DBO- en ANA-vraestelle is die beste van almal, want daardie is juis vir publieke gebruik gepubliseer.
Asseblief nie: nagesiene skrifte. Daardie dra ’n kind se naam en punte, en dit is persoonlike inligting van ’n minderjarige. As so iets per ongeluk deurkom, vee ons dit uit sonder om dit te gebruik.
Ons plaas nooit ’n vraestel soos dit is nie. Ons lees dit, kyk wat gevra word, en skryf dan splinternuwe vrae oor dieselfde werk. Die oorspronklike bly by ons.
Stuur asseblief net ’n vraestel wat jy self mag deel. ’n Skool se interne vraestel behoort gewoonlik aan die skool.
Wat gebeur daarna
- Ons lees die vraestel en kyk watter onderwerpe werklik gevra word.
- Ons vergelyk dit met wat reeds op die werf is en soek die gate.
- Ons skryf nuwe vrae vir daardie gate — in Afrikaans én Engels.
- Dit gaan gratis op, sonder registrasie, vir enige kind.
As jy wil hê ons moet jou skool noem as ’n bydraer, sê net so. As jy eerder naamloos wil bly, is dit ook heeltemal reg.
