Gaan na inhoud
Opsommings · Graad 7 Natuurwetenskappe › Potensiële en kinetiese energie
Gratis opsomming · Graad 7 Natuurwetenskappe

Potensiële en kinetiese energie

Potensiële en kinetiese energie, energie-omskakeling, doeltreffendheid en drywing. Lees een deel op ’n slag en tik “Ek ken dit”. Toets jouself dan in die vasvra.

Ken jy dit al? Spring reguit na die vasvra

Jou vordering0 van 3

Gestoor en bewegend

Potensiële energie (gestoor)Kinetiese energie (beweging)
’n Boek op ’n hoë rak’n Bal wat deur die lug vlieg
’n Uitgerekte veer (elasties)Water wat deur ’n turbine val
Kos (chemies)’n Motor wat ry
Die slinger: bo die meeste gestoorde energie, onder die vinnigste.
Die slinger: bo die meeste gestoorde energie, onder die vinnigste.
Tik as jy dit sonder om te kyk vir iemand kan vertel.

Omskakelings

ToestelOmskakeling
GloeilampElektries → lig en hitte
LuidsprekerElektries → klank
MotorenjinChemies → kineties en hitte
PlantLig → chemies
Damwater deur ’n turbinePotensieel → kineties → elektries
Hande vryfKineties → hitte
Reël

Die totaal bly dieselfde (behoud van energie); wat ‘verlore’ lyk, word meestal hitte.

Tik as jy dit sonder om te kyk vir iemand kan vertel.

Spaar elektrisiteit

  • Verhitting gebruik baie meer energie as lig of klank.
  • Skakel die geiser se verhitting af as dit nie nodig is nie: die grootste besparing.
  • ’n TV en laaier wat heeldag op bystand bly, mors elektrisiteit.
  • ’n Toestel is meer doeltreffend as minder energie as hitte verlore gaan.
Tik as jy dit sonder om te kyk vir iemand kan vertel.

Onthou dit en toets jouself

Onthou dit: jou opsomming
  • Potensiële energie is gestoor (’n boek op ’n hoë rak); kinetiese energie is beweging (’n bal in die lug).
  • ’n Klip wat val: potensieel → kineties. ’n Slinger: meeste kineties onder, meeste potensieel bo.
  • Energie word in joule gemeet; drywing (energie per sekonde) in watt.
  • Geen toestel is 100% doeltreffend nie: ’n deel ontsnap altyd as hitte.
  • Toestelle wat hitte maak, gebruik die meeste krag; skakel die geiser af as dit nie nodig is nie.

Skryf hierdie punte in jou boek. Lees dit weer die aand voor die toets.

Onthou-truuk

Potensieel = Parkeer bo-op die heuwel. Kineties = Kar jaag af. Op pad af ruil hulle om, maar die totaal bly dieselfde.

Flitskaarte · Tik om om te draai

Belangrike woorde

Sê eers self wat die woord beteken, en draai dan die kaart om.

Toets jouself · Deel 2

Waar of onwaar?

Lees die vraag en die antwoord. Is die antwoord reg? Tik Waar of Onwaar.

    Nou die regte vasvra!

    Die vasvra het baie meer vrae oor hierdie onderwerp. Elke vraag wys dadelik of jy reg is en verduidelik waarom.

    Doen die vasvra: Potensiële en kinetiese energie
    Vir ouers
    • Lees een deel saam en vra jou kind om dit in sy of haar eie woorde te vertel.
    • Die vinkies (“Ek ken dit”) word net op hierdie toestel gestoor. Ons vra nie name of e-posse nie.

    Volgens die KABV vir Graad 7 Natuurwetenskappe. Kyk altyd ook na jou onderwyser se notas en handboek.

    Gratis PDF